‘Pandemic is not a word to use lightly or carelessly. It is a word that, if misused, can cause unreasonable fear, or unjustified acceptance that the fight is over, leading to unnecessary suffering and death.”
Aan die woord is dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).
’n Internasionale oortuigingsgroep, met pres. Donald Trump van Amerika aan die spits, het die narratief bevorder dat die viruspandemie een groot oordrywing deur wetenskaplikes is. Ook dat streng inperkings heeltemal onnodig is. In lande waar inperkings wel toegepas is, hetsy te laat of betyds, het die ongeriefsindeks onder Jan en alleman tot ’n hewige teenreaksie gelei. Ook hier ter plaatse het vele wat pres. Cyril Ramaphosa se vinnige, streng inperkingsbesluit ondersteun het, hulle by die lawaai aangesluit.