Nathan Trantraal | Antwood my: Hoekom lykie Kaap soe moeg?

akkreditasie

Is wynag dat ek Kaap toe kom. Assit twie kee in een jaa gebee, issit baie. Ek was onlangs daa, en die kee wassit bietjie different as gewoonlik. As jy lank genoeg inne klein dorpie bly, vegiet jy jy bly inne klein dorpie. Jy lee die rhythm vannie plek, en jy anvaar die limitations inherent in klein dorpie life. Dan kom jy Kaap toe en besef wee van vooraf allie goed wat jy moes lee om sône te liewe. As jy winkel toe gan hoef jy nie altyd dieselle vyf goed te koepie, jy’t choices. As jy soe inclined is, is daa plekke om te gan visit. Om inne klein dorpie te bly, voel soms soes om inne klein shopping mall te bly, jy gan PNA toe dan gan jy Musica toe en dan is daa niks mee om vêder te sien tot môre wanne jy wee dieselle ding doenie. Elke kee as ek inne kar klim innie Kaap, skrik ek vi hoe lank it vat om van een plek narie anne te gan, wan ek het gewoon geraak an alles wat vyf miniete ytmekaa is, dai’s hoe klein ôs plek is.

Die Kaap is nog altyd groot, maa wat annes was die laaste wat ek daa was, is dattit gevoel et asof allie mense gekrimp et. It het my heeltyd gepla, hoe moeg ammel lyk. It was asof daa ’n duotone camera filter oo alles was. Ammel was meer agitated as gewoonlik. Jy moet wiet it isse problem as ekkie mees upbeat en enthusiastic pesoon is in ienagge plek waa ek gan. Die laaste wat ek kan onthou wat ek soe ’n experience gehad et, was toe ek stanned 9 was en ek moes vi some reason truggan na my primary skool toe. Ek dink ek moes my sustetjie byrie skool gan hal. Maa toe voel die klein skooltjie unreal vi my. Soese Lilliputian skool en ek was Gulliver. Ennie teachers het vi my gelyk soes klein teachers. Die difference tussen ie primary school teachers en my high school teachers wassie difference tussen dai mini Fizzers enne original Fizzer. Ek kon nog nooit ytwêk hoekom ek daityd soe gevoel et ie, en ek kannie ytwêk hoekom ek soe gevoel et oorie Kaap ie.

En ek hoep die klink ie neerhalend of smug ie. Wan is waa, ek dislike ampe alles omtrent ie Kaap, en most of all die mense. Wat incredibly superficial en phony kan wies as hulle tyd het – en hulle het altyd tyd. Maa it is nog altyd ’n plek wat ek wil hê moet prosper, wan my familie is daa en ek sal oek altyd voel ek is van daa. Soe, ek wens ieman wil my antwood, hoekom lykie Kaap soe moeg? Ek dinkie it kan net wies oorie corrupt politics ennie general mismanagement van alles ie. Wan orals is soe. En as jy inne klein dorpie bly, is corruption en mismanagement ie bugs ie, it’s features. Hie by ôs issie krag af, dan issit ie ees load shedding ie. Ennie wate bly permie af, of undrinkable. Al wat ek kan dink wat nou annes is annie Kaap, is dat die middelklas nou begin voel wattie arm mense allie tyd gevoel et. Ek dink poverty is biesag om te spread, soese pandemic. Ek dink soe, wan dai is presies hoe ammel vi my gelyk et, soes mense wat sukkel. Soes mense wie se gedagtes biesag is tewyl hulle met jou praat. En ek dink miskien wattit worse­ maak, is dai lang commutes op dai congest­ed paaie. Ôs het net ytie Kaap getrek daityd wattie traffic soe insane begin raak it. Is iets wat ôs nooit moes gewoond raak annie. Maa elke kee as ek innie Kaap is, en ek gan net winkel toe, dan sit ek saam ’n driver wat lyk asof hulle alles doen om nie in trane yt te bas ie. Elke kee sit ek agte innie back seat, en dink, die isse baie lang tyd om te moet sit en dink an hoe dinge agte yt gan. Iets wat ek jare geliede besef et, is dat wanne dinge vekeed gan, moet jy nie stilsit en dinkie, jy moet anhou beweeg. En dai het impossible gewôd om te doen innie Kaap.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
United States of America 310/5
Scotland 206/10
Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pond
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,853.66
0.0%
Silwer
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent-ruolie
119.43
+1.7%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos