It seem vi my die moment in tyd gan eendag die distinction dra vannie loudest civilisation in history. Die moment toe al die disparate voices oo die wêreld saamgekom et ommie langste atonal song saam te sing. ’n Symphony van woorde detached van meaning. Ek willie ’n stem in die choir wiesie.
Wie sal gedink et die storie van “The Tower of Babel” sou die storie wôd wat ek die meeste mee resonate. Ôs bly in ancient Babylonia part two: die weak sequel mettie convoluted plot.
Is al dai cellphone towers en satellites wattie hemel skuur wat my soe lat dink. Ennit is die mense wat praat en praat, maa niemand vestaan mekaa nie. Maa dis niks om te vestaanie. Lat ek translate: ammel sê dieselle ding, “me”, “me,” “me”. Ek willitie mee hoorie. Ek wil die niewe jaa die begin maak van al my jare. ’n Full stop agte my sit. Ek wil in 2050 kan trugdink an 2023, en onthou it wassie jaa wat ek die dee tussen my en allie white noise toegemaak en geslyt et.