Ek try my vriend console wie hysterical is. Ek try om hom genoeg te kalmeer sodat hy my kan sê wat angan. My hele hys is wakke, ôs sit oppie couch deerie slaap en confused. Seymour hette groot jersey an en try om vi haaself ’n slaap-spot tussen ôs oppie couch te maak.
Ek kalmeer my vriend genoeg om te hoor wat hy sê, sy ma is siek. Heel eeste wat ek dink is kanker, en ek kan voel hoe net die gedagte van kanker my lam en dizzy maak. Maa, hy sê nie kanker nie, hy sê dementia.
Dementia haloep vi jare dee sy familie an sy ma se kant. Dementia issie ding wat sy die bangste voo is. Sy isse extremely active pesoon, ieman wat alles vi haaself doen, add hy vinnig by, wan hy wiet my instinctive response gan hyper rational wies. Dit is die worst possible ding wat kon gebee innie wêreld en hy probee it process. Om te beslyt hoe jy gan kyk agte jou ma deerie process is obviously bieter as funeral arrangements, voeg hy by en gie ’n sug soe diep, ek dink ieman gannet eendag moet excavate.