Die afgelope naweek woon ek ’n blommeskou van die Wellingtonse Krisante-vereniging by, asook die eerste gala-konsert van die Stellenbosse Universiteitskoor sedert 2019.
Die geleenthede het my laat dink aan die Franse Gereformeerde filosoof Paul Ricoeur se siening dat skoonheid die hoogtepunt is van die morele lewe. Dit wat wys, reg, regverdig en goed is, vind sy hoogtepunt in wat mooi is.
Ons beleef soveel van die lelike in ons daaglikse bestaan.