Sy geloof in die mensdom is herstel nadat twee onbesonge volkshelde die gesteelde grafsteen van C. Louis Leipoldt vervang het, skryf Willem Fransman Jr.
“Hy wat beloftes maak, moet ’n goeie geheue hê,” het CJ Langenhoven jare gelede al opgemerk.
En synde dat ekself in die Boy Scouts-beweging was en ons credo “ ’n Scout se woord is sy eer” was, word mense wat hul woord gestand doen helde in my oë.