Deel

Onthou jy nog? Toe wen 'n Agurkie die GP

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
BO: Manfred von Brauchitsch spring voor weg in die 1932-ren.   Foto: Duitse federale argief
BO: Manfred von Brauchitsch spring voor weg in die 1932-ren. Foto: Duitse federale argief

Jody Scheckter, wie se prestasies as Formule Een-renjaer in  die 1970’s steeds deur talle mense onthou word, het gister 73 geword. Maar ’n Duitse renjaer wat 50 jaar voor Scheckter die wêreld van motorwedrenne oorheers het, is deesdae grootliks vergete. Sy naam was Rudolf Caracciola, en hy is op  30 Januarie 1901, vandag 122 jaar gelede, gebore. Albe Grobbelaar het gaan lees oor een van die wedrenne wat Caracciola nooit  sou vergeet nie. 

As ’n mens in sy latere lewe vir Caratsch (soos die Duitsers hom genoem het), die man wat in die 1930’s nie minder nie as 17 wêreldrekords verbeter het, sou vra watter wedren hy die beste kon onthou, sou hy baie gou wees met sy antwoord. En dit sou nié een van die talle Grands Prix of tydrenne wees wat hy gewen het nie. Nee, Rudolf Caracciola sou terugdink aan ’n dag in 1932 toe hy verlóór het.

Dit was in die Duitse Grand Prix op die Avus-baan in Berlyn. Op 21 Mei 1932, die Saterdag voor die wedren, is ’n nuwe rekordtyd in die oefenrondtes opgestel toe Hans Stuck in ’n Mercedes teen ’n gemiddelde snelheid van meer as 200 km per uur om die baan gejaag het. Tog was Caracciola baie seker daarvan dat hý die volgende dag sou wen. Daar was by hom geen twyfel dat die slanke Alfa waarin hy gejaag het, die lompe Mercedesse onder die stof sou ry nie. In die pylvak kon die agtsilinder Alfa tot 240 km/h haal. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.07
+1.3%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.66
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.12
+0.9%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
982.02
-0.3%
Palladium
1,426.88
-1.1%
Goud
1,996.33
+1.4%
Silwer
23.15
+0.8%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos