Dat die ANC vasgevang is in ’n afwaartse spiraal is ’n gegewe.
Tog is daar nie altyd waardering vir die spoed waarmee hierdie proses aan’t toeneem is nie.
Of 2024 die jaar gaan wees wat die land homself gaan verlos van 30 jaar van ANC-wanbestuur staan te siene. Ek is nog nie oortuig dat dit wel die geval gaan wees nie. Dit is sekerlik ’n konsert waar mens sal moet wag tot ná die vet vrou haar aria gesing het.