Pollux geniet dit nogal hoe die ANC-strydrosse van die staatskapingsjare die afgelope paar weke hernude stukrag gekry het met Ramapromise se bankprobleme en die terugkeer van ons nasionale sport, beurtkrag.
Dis amper soos Jurie Els wat ’n Greatest Hits-plaat uitbring om jou te herinner hoekom hy nou met ander se plate in Nieu-Seeland smous.
Die jongste kader om bek uit te spoel is Nomvula Mokonyane, oudminister van Bosasa-partytjies, wat die afgelope week daarop aangedring het dat die ANC se NUK “onmiddellik” vergader oor haar krag so baie af is.