Dit is verblydend om te sien dat die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke nie doekies omdraai oor die dood van Nathaniel Julies nie, skryf Nico Botha.
Te oordeel aan die baie sterk verklaring van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wat op 2 September uitgereik is, lyk dit asof die profetiese kerk ’n bietjie tot verhaal gekom het.
Dié verklaring word pertinent aan pres. Cyril Ramaphosa gerig namens die godsdienstige sektor in die land.