Skaapkoppe, skaapstertjies, afval en ander dele van ’n skaap wat jy kan gaarmaak, het Willem Fransman weer aan ontslape vriende laat dink.
Dit was Dana Snyman se rubriek in Van Alle Kante (Saterdag 23 April) wat my herinneringe aan ’n ontslape vriend, JP Nel, weer wakker gemaak het. Goedige ou JP!
Dana het geskryf oor “Die oggend toe die skoolsuster ons skool besoek het” en het sy rubriek aan JP opgedra.