Geduld word beskryf as die vermoë om terugslae te verdra en om te wag sonder om te kla. En terselfdertyd te reageer sonder woede, oneerbiedigheid of irritasie.
Sinonieme daarvoor is “verdraagsaamheid” en “volharding”.
Ons ken die storie van die haas en die skilpad wat resies gehardloop het. Of van Job, wat as ’n vernietigde man op die ashoop gelê en geweier het om sy humeur en geloof te verloor. Uiteindelik het Job en die skilpad se geduld geseëvier.