Die groot wêreldstede is nie net klip en katedraal, hoofweg en steierwerk, parke en paleise nie.
Stede leef ook in hul stories: Onder meer in die stories wat aan besoekers vertel word om iets van ’n stad se hartklop te verbeeld.
Tydens ’n onlangse besoek aan Glasgow hoor ek meer as een keer die storie van Kenmurestraat.