Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kan gaan leer by die Academy of Motion Pictures and Sciences.
Toe laasgenoemde vanjaar bevind dat Will Smith se optrede “onaanvaarbaar” en “skadelik” was, het hulle hom vir tien jaar geskors.
Toe prof. Hennie van Coller, voorsitter van die Akademie se Letterkundekommissie, hom skuldig maak aan onaanvaarbare en skadelike gedrag het nóg sy lidmaatskap nóg sy pos in die gedrang gekom. Boonop is hy vandeesweek deur die Akademie bekroon met die N.P. van Wyk Louw-prys.