Onder sy leiding sal die DA weer mag in die hande van die land se mense plaas, skryf John Steenhuisen.
Die DA het Sondag ’n era van besluiteloosheid en populistiese kortpaaie beslissend vaarwel toegeroep.
Die DA sal voortaan op een ding, en net een ding, fokus: om die mag uit die hande van die onbevoegde staat te neem en aan die mense te gee.