“Sê-nou is ’n lekker sê,” het A.G. Visser gedig.
Iets wat in nugter politieke rubrieke juis vermy behoort te word, om ’n mate van gesag te poog oor wat aan die gang is.
Tog is die politieke opvolgstryd om die Suid-Afrikaanse presidentskap nie noodwendig so voor die hand liggend dat dit nie buitengewone moontlikhede insluit nie.