Ek haat dit om te lees van die stinkryk misdaadsindikate wat deesdae die hoofopskrifte haal. Ek wil niks hoor van die partytjies waar hulle sjampanje drink wat R35 000 per bottel kos nie. En whisky waarvan die prysetiket nog méér nulle het.
Wat my laat wonder oor daardie stinkryk mense wat op ’n eerlike manier ryk geword het. Leer hulle hul kinders dat dit belangrik is om hard te werk vir jou geld?
Die Amerikaanse biljoenêr Warren Buffet het gesê: “Ouers behoort hul kinders net genoeg geld te gee dat hulle voel hulle kan enigiets vermag. Groot skade word gedoen as hulle eindeloos met luukses en geld ingestop word.”