As jy die koning wil skiet, moet jy seker maak die eerste skoot is ’n doodskoot, lui die sêding.
Wat by implikasie sê ’n gewonde koning is ’n dodelik gevaarlike wese. Hy sal kom vir jou en dan gaan jy die hoogste prys betaal.
Eerste skoot/doodskoot is in meer as een opsig van toepassing op die politieke storm wat voortwoed om die kop van pres. Cyril Ramaphosa oor die buitelandse valuta wat meer as twee jaar gelede op sy wildplaas in Limpopo gesteel is. Die onthulling deur die onteerde oudspioenbaas Arthur Fraser was geen doodskoot nie. Teoreties moet Fraser dus op risiko wees.