By die afsterwe van die gewese Sowjet-leier Michail Gorbatsjof die afgelope week skryf Leopold Scholtz in Beeld oor ooreenkomste en verskille tussen Gorbatsjof en FW de Klerk.
“Albei het ingesien dat die heersende stelsel (in hul onderskeie lande) om uiteenlopende morele en praktiese redes onhoudbaar was. Albei het die twee stelsels dus probeer hervorm. Maar in albei gevalle was dit inderwaarheid reeds te laat. Politieke en ekonomiese kragte het oorgeneem en die politici se vermoë om rigtinggewend op te tree aansienlik beperk,” aldus Scholtz.
Hy skryf ook albei het gesterf as “tragiese figure”.