Suid-Afrika het ’n enorme probleem met geslagsgerigte geweld gemik teen vroue asook algemene seksuele wangedrag van mans jeens vroue.
En soos altyd wanneer een of ander nasionale euwel hier aanmeld, is die patetiese ou ANC-regering se standaard-respons om ’n maand van dit of dat uit te roep, in dié geval, “die maand van geen geweld teen vroue en kinders”.
Want dít is net soveel makliker as om die moeilike myle te stap van voorkoming deur verskerpte wetstoepassing.