Swart kiesers is nie dom nie. Hulle kan sien waar die DA regeer, gaan dit baie beter as waar die ANC regeer. Maar hulle glo ook as hulle bloot die DA help instem, sal wit mense die meeste voordeel daaruit trek.
So sê dr. Frans Cronjé, voormalige hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, nou die dag in ’n onderhoud met Alec Hogg van Biznews.
Wat doen die DA om dié ongegronde opvatting te verwyder dat die goeie bestuur, waar die party regeer, hoofsaaklik ten behoewe van wit mense is en hulle bevoordeel?