Hier is ’n konsepverklaring wat kon dien as Suid-Afrika se reaksie op Wladimir Poetin se moorddadige inval in Oekraïne tien dae gelede: “Suid-Afrika betreur die oorlog. Oorlog is geen oplossing vir wêreldprobleme nie. Dié eensydige gryp na magsgeweld word vererger deur die feit dat vordering gemaak word om te handel met Rusland se aantygings jeens Oekraïne rakende pres. Poetin se vrese oor ’n ooswaartse opmars deur Navo.
“Die inval skep ’n betreurenswaardige presedent wat die gesag van die VN om te handel met internasionale vraagstukke ondermyn. Dit is betreurenswaardig dat dié optrede sal lei tot lewensverlies onder gewone Oekraïners én Russe – ’n tragiese gevolg van die mislukking van onderhandeling en diplomasie.
“SA doen ’n beroep op die VN om sy gesag te laat geld om te verseker dat ongeag wat verder gebeur, sal geskied binne die reëls van internasionale menseregte.”