Vermoedelik het min van u agtergekom Woensdag dié week was Afrikadag. En nóg minder dat Mei Afrikamaand is.
Jy sou dink die Afrikaparlement in Midrand sou Afrikadag met groot fanfare gevier het. Maar dié instelling het ophou funksioneer nadat sy laaste vergadering ’n jaar gelede te midde van vuishoue, skoppe en doodsdreigemente in chaos geëindig het.
Dis veral die treurige ou regering en die lustelose ANC-mandaryne se skuld dat dié dag by ons verbygegaan het.