Die verbrokkeling van die land se bestaande partypolitieke argitektuur is aan’t momentum kry.
Dis ’n simptoom van kiesers wat vertroue verloor in die demokrasie en wegbeweeg van politieke partye. Maar dis problematies, omdat ’n demokrasie politieke partye benodig.
Afvalligheid van politieke partye – primêr die ANC – is in werklikheid kiesers se noodkreet om dringende, ingrypende verandering. Te veel gewone Suid-Afrikaners het ophou glo dat die bestaande parlementêre partye daardie verandering kan laat gebeur.