Suid-Afrika in 2022 is ’n skatkis van materiaal vir satire, skryfwerk in die liga van George Orwell se weergalose allegoriese roman Animal Farm.
“Is weer” omdat dit voorheen ook so was. Die satirikus Pieter-Dirk Uys het ’n feesmaal gemaak van die absurditeite van apartheid. Hy het gesê sy werk is eintlik maklik, want die Afrikaner-politici skryf self die draaiboeke vir die opvoerings waarin hy so genadeloos die draak steek met hulle.
’n Hedendaagse Orwell sou kon smul aan die drama-in-die-kleine by die SA Mediese Vereniging (SAMV) oor uitlatings in ’n radio-onderhoud van dr. Angelique Coetzee, die vereniging se uitgaande president.