Daar word vertel dat Thabo Mbeki en Chris Hani op verskillende plekke was die dag toe FW de Klerk op 2 Februarie 1990 aankondig Nelson Mandela word vrygelaat en die bevrydingsbewegings word ontperk.
Mbeki sou glo gesê het dit verander alles. Volgende jaar is ons in Suid-Afrika om te onderhandel.
Hani se reaksie was: Niks verander nie. Die gewapende stryd duur voort en sal verskerp word.