Met die skryf hiervan was Die Beneukte Land nog die nuus aan’t verwerk dat die appèlhof bevind het Jacob Zuma moet teruggaan tronk toe en die konstitusionele hof gelas het Janusz Walus, die Poolse immigrant wat die ANC-leiersfiguur Chris Hani 29 jaar gelede vermoor het, moet op parool vrygelaat word.
Dié wat ons regstaat en die oppergesag van die reg verfoei – die sluitsteen van SA se demokrasie – het die twee sake dadelik saamgeklits.
Soos altyd, verkeerdelik so.