’n Troue te midde van die oorlog in Oekraïne het Rhynie Greeff laat dink aan die ontstaan van talle alledaagse trougebruike.
Die hele wêreld weet Rusland voer nou oorlog teen Oekraïne. In Rusland self mag daar egter slegs, volgens Wladimir Poetin se voorskrif, na die geweldskonflik verwys word as ’n “spesiale operasie”.
In hierdie Orwelliaanse diktatoriale geval van 2+2=5, was daar darem vandeesmaand ’n klein ligpuntjie.