Indien mense gedwing word om teen SARS-CoV-2 ingeënt te word, gaan die prysgee van vryhede nog dekades lank by ons spook, skryf Tian Alberts en Martin van Staden.
Daar word baie gedebatteer oor die moontlike newe-effekte wat Covid-19-inentings kan veroorsaak. Dit is ’n gesprek wat deur deskundiges op die gebied van inentings gelei moet word, met empatie vir die alledaagse bekommernisse van gewone mense.
Waaroor daar wel veel minder gedebatteer word, is die langtermyngevolge daaraan verbonde om geykte en soms swaarverdiende grensmure wat mense se vryhede en outonomie afbaken, impulsief prys te gee.