’n Hoed is nie net sommer iets wat jy op jou kop sit sonder om verder daaroor te dink nie, skryf Willem Fransman jr.
Min lesers weet seker dat 15 Januarie Internasionale Hoede-dag is.
Hoe en waar dié dag die eerste keer gevier is, is nie juis goed gedokumenteer nie. Dit is dus nog ’n raaisel wat ontrafel moet word. Maar op ’n dag soos Hoede-dag word mense (mans, vroue en kinders) aangemoedig om hul gunsteling-hoed (of hoofbedekking) te dra.