Nieu-Seeland en Australië skrik dalk nie (tans) vir die Springbokke nie. Maar Covid-19 vul albei nasies met vrees.
Nieu-Seeland het in Augustus een van die wêreld se strengste grendelstate ingestel nadat een Covid-19-geval in Auckland aangemeld is. Een.
Jacinda Ardern, premier, het op TV gepleit: “Moet nie met jou bure praat nie.” Oortreders is met ses maande tronkstraf gedreig.