Die poging van die verkiesingskommissie (OVK) om 27 Oktober se munisipale verkiesing uit te skuif tot Februarie 2022 skep ’n gevaarlike presedent.
Dit sal duisende onkapabele ANC-raadslede, wie se termyn van vyf jaar op Dinsdag 3 Augustus reeds verstryk het, toelaat om tot volgende jaar op arm gemeenskappe te teer, en dit sal die ANC leer hy kan ’n verkiesing skrap as dit hom pas.
Die OVK se aansoek om die pas geproklameerde verkiesingsdatum uit te stel, volg op ’n verslag waarin die voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke bevind het ’n vry en regverdige verkiesing is onder huidige toestande onmoontlik.