Of jy onherroeplik morbied of hoog op hoop is oor die nuwe jaar hang grootliks af van hoe jou eie omstandighede lyk.
Daarom is één voorspelling oor die toekoms van ons land – of ’n voorspelling van hoe dit met die “gemiddelde Suid-Afrikaner” gaan en sal gaan – van so min waarde.
Die “gemiddelde” Suid-Afrikaner bestaan nie en om te praat van “gemiddelde” inkomstes of die “gemiddelde” getal motors in ’n gesin se motorhuis of die “gemiddelde” misdaadvlak vertel jou niks van regte mense se lewe nou of vorentoe nie.