Waldimar Pelser | Afstigting? Nee, maar gee Kaap meer mag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Sondag ry ons verby die goed versorgde grasperke en perfek gesnoeide bougainvilleas wat pryk op die sypaadjies van Kampsbaai toe ’n groen-en-oranje plakkaat aan ’n paal my oog vang: “Staan sterk. Stop die verval.”

Die wekroep was dié van die VF Plus. Die party se veldtogbestuurder in die aanloop tot 1 November se verkiesings het klaarblyklik besluit om één plakkaat te laat druk vir die hele land – van Kgetlengrivier in Noordwes, waar inwoners die riool self moet suiwer, tot in Kampsbaai, ’n nirwana waar Stellenbosse taalstryders, Russiese mafiabase en Nigeriese supermodelle met groot donkerbrille huispryse opjaag in ’n wedloop om eendag hier te kan aftree.

Ek het eers gedink die VF Plus het een verkiesingsplakkaat oral opgesit omdat Suid-Afrika een land is en die mense van Kgetlengrivier en Kampsbaai tog ’n soort lotsverbondenheid het. Maar deesdae beywer die VF Plus, wie se kiesers in 2019 oorweldigend (85%) in die noordelike provinsies gewoon het, hom vir onafhanklikheid vir die Wes-Kaap, waar dinge beter as elders werk, al maan die groen-en-oranje plakkate ook in Kampsbaai oor ’n naderende ramp.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos