Watter invloed sal die Taliban se “morele oorwinning” in Afganistan op soortgelyke radikale groepe in Afrika hê, vra Liesl Louw-Vaudran.
Amerika se chaotiese onttrekking uit Afganistan het baie vrese en vrae wêreldwyd laat ontstaan.
In plekke in Afrika waar gemeenskappe jare reeds geterroriseer word deur groepe soortgelyk aan die Taliban, wonder mense of hierdie Islamitiese radikale groepe nou ’n hupstoot gaan kry uit die “nederlaag van die Weste” wat wêreldwyd op televisie uitgesaai word.