Studente en hul ouers moet die reis van die universiteitslewe saam aanpak omdat dit almal se lewens beïnvloed – nie net dié van die student nie, skryf dr. Leslie van Rooi.
Vir voornemende studente en hul ouers, voogde en naastes (wat ook soms hele gemeenskappe insluit) is dit byna daardie tyd van die jaar – dié nuwe fase in die lewe wink.
En vir dié wat hulle binnekort by ’n universiteit, kollege of ander instelling vir verdere leer en opleiding gaan aansluit, behoort dit beslis ’n opwindende “nuwe begin” te wees.