“Sy beste staatsrede tot nog toe”, meen die politieke ontleder Ralph Mathekga. En die ekonoom dr. Roelof Botha het pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede glad 95% toegeken.
Hier gaan die punt wel baie meer getemper wees, want daarvoor was daar steeds te veel algemene stellings, vaaghede, onduidelikhede, herhalings van vorige toesprake en selfs dubbel-sinnighede.
Byvoorbeeld: Bedoel hy pensioenfondse gaan nie gebruik word vir Eskom-skuld nie of probeer hy aanvoer dit kan tog op ’n veilige manier gedoen word?