Die jongste syfers oor die arbeidsmark wat pas deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) gepubliseer is, bevat goeie én slegte nuus.
Volgens die kwartaallikse peiling vir Januarie tot Maart was werkloosheid byna onveranderd op ’n vlak van sowat 7,2 miljoen mense. Die koers van werkloosheid het effens toegeneem, van 32,5% tot 32,6%, wat slegs mense insluit wat aktief werk soek. Die verlaging van dié koers behoort die regering se heel grootste prioriteit te wees, nie ideologiese doelwitte nie.
Die goeie nuus is formele werkgeleenthede het vir die derde agtereenvolgende kwartaal toegeneem, met 510 000 mense wat sedert die “korona-kwartaal” verlede jaar weer ’n werk het.