Die gee van name en veral byname is nie so eenvoudig soos wat dit klink nie, skryf Willem Fransman jr.
Lees ek nogal net verlede week in die koerant van ’n rugbyspeler met die naam van Trokkie wat eersdaags ’n kontrak met die Haaie sal onderteken.
Dit betrap my egter onkant omdat ek vir geen oomblik kon dink dat Juarno Augustus, die Stormers-agtsteman, vir hulle in die agterlyn gaan speel nie.