Soos ’n ware skrywer spits Willem Fransman jr. dikwels sy ore wanneer hy in ’n bus ry – ’n mens weet nooit watter interessante dinge jy dalk kan hoor nie.
So sit ek verlede Maandagoggend reg agter twee baie geselserige dames in die bus vanaf Bellville na Kaapstad. Ek is vir sake in die stad. Dit lyk of hulle na die een of ander spoggerige geleentheid op pad is. Hulle is stylvol aangetrek.
Uit hul gesels kom ek agter dat hulle dalk die vorige aand by ’n eetplek, as deel van ’n groter geselskap, was. Die ouer een, stylvoller geklee as haar vriendin, slaan haar een hand op die agterkant van die ander een se hand wat op haar skoot lê en sê: “Djong, hét ek nou gistraant vi my lyf ’n lekke tyd gegie!”