Vandag, 75 jaar gelede, het die verkiesing in 1948 onder wit Suid-Afrikaners plaasgevind. Dit sou die Nasionale Party (NP) van dr. D.F. Malan vir die volgende 45 jaar aan die bewind plaas, tot 27 April 1994.
Genoeg is al kwytgeraak oor apartheid wat met die bewindsoorname van die NP die heersende beleid geword het, totdat dit op 2 Februarie 1990 laat vaar is by die aankondiging deur oudpres. FW de Klerk dat alle apartheidswette afgeskaf, die ANC, die PAC en die SAKP ontban en oudpres. Nelson Mandela en ander politieke gevangenes onmiddellik vrygelaat sou word.
’n Ander faset van die verkiesing in 1948 is die politieke dinamika wat dit voorafgegaan het.