Onverkose groepe of individue gebruik xenofobiese en nasionalistiese retoriek oor immigrasie om mense te manipuleer en om op misdadige wyse toegang tot hulpbronne te verkry, skryf Christi van der Westhuizen.
Naas korrupsie, en ineengestrengel daarmee, staan xenofobie toenemend as die teken van die verswakking van die post-apartheid-staat.
Die jongste opstuwing van geweld in Diepsloot, Johannesburg, teen migrante van elders in Afrika wys weer eens hoe informele magte intree om maatskaplike probleme op te los.