Klankgrens is nie ’n boek oor ’n oorlog met bomme en tenks en helikopters wat bo die bos swiep nie. Dit is oor die stille oorlog agter die oorlog, sonder gevegte en bloed.
“Die mans is almal deur die oorlog en het letsels daarvan oorgehou. Maar daar is ander letsels waaroor nog nie gepraat is nie.”
Magda Slabbert is haar hele volwasse lewe met haar man, Rufus, ’n beroepsoldaat, en die weermag getroud. Hy het pas afgetree as RSM van 1 Spesiale Diensbataljon (1SDB) in Tempe.