Daar is niks waarvoor sy méér dankbaar is nie. Want ma Heste het haar suitcasie omtrent volgepak vir die toekoms. Dis vandag voorwaar haar grootste en beste geskenk waarmee sy al as jong kind goed toegerus is, sê die aktrise Cintaine Schutte (35): Om mense fyn waar te neem en die tjerrie op die koek . . . om hulle altyd vierkant in die oë te kyk.