Dis een van die donkerste tye in die moderne media se geskiedenis, maar te midde van Covid-19 is daar ook groen lote te bespeur, het Kate Skinner aan Carla Lewis gesê.
‘Die mediawêreld het reeds voor die pandemie met groot probleme gesit,” sê dr. Kate Skinner, uittredende uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef).
Daar was dalende sirkulasies by die drukmedia, nuuskantore het kleigetrap met beperkte hulpbronne, vryskutte moes raap en skraap vir werk.