Dr. Samuel Pick (80), wat in sy merkwaardige loopbaan as onder meer “troudominee” al 670 paartjies in die eg verbind het, vertel aan Murray La Vita wat die belangrikste boustene van ’n huwelik is.
Deur volharding en gebed het ’n arm kaalvoetseun van die Hantam ’n rolmodel en wêreldburger geword.
So skryf dr. Willa Boezak, swaer van dr. Samuel Pick, in die voorwoord tot Pick se pas verskene outobiografie, Die lewensreis van Samuel Pick, seun van die Hantam.