Toe dr. Owen Wiese van Dokter-dokter-faam ’n jaar gelede die eerste keer begin verf, het hy die eerste keer “Ritalin” gevind vir die chaos in sy gemoed. Hy het aan Willemien Brümmer vertel hoekom dit oukei is vir dokters om weerloos te wees.
Dr. Owen Wiese staan voor ’n skreeu-rooi geometriese skildery met perfek geordende lyne en ’n enkele reghoek heldergeel. Twee primêre kleure wat kontak maak sonder samehang, soos die skedelnate tussen skedelbene.
Hy het die werk Contiguity gedoop – volgens die Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe die “saamval van twee of meer afsonderlike gebeure of voorwerpe” wat in hierdie geval tog verbasend goed pas.