Suid-Afrikaners kan en moet die regering aanspreeklik hou, maar dis nie al wat ons kan doen nie, sê Dereleen James. Sy het met Erika de Beer gepraat.
In Eldoradopark weet almal, selfs die dwelmhandelaars, wie antie Dee, die antie van die drugs, is.
Dereleen James sê sy het nooit geweet sy gaan eendag ’n aktivis word nie. Maar toe kom klop dwelms ook aan háár deur.