Dit is vir hom belangrik om die geskiedenis vir mense toeganklik te maak, om die verlede vir hulle te laat lewe, sê prof. Fransjohan Pretorius aan Gert van der Westhuizen.
In prof. Fransjohan Pretorius se studeerkamer hang ’n ou geroeste Engelse waterbottel uit die Anglo-Boereoorlog wat 120 jaar gelede tot ’n einde gekom het – ’n konflik wat hy nou al vir 53 jaar lank bestudeer en gereeld oor skryf.
Neffens die waterbottel hang daar ook ’n bandolier uit dieselfde tydperk wat onder die vloerplanke van ’n huis in Sunnyside gekry is, maar Pretorius het ons nie na sy studeerkamer toe genooi om daarna te kyk nie.