Sy was ’n eenkantkind en het maar gesukkel om vriende te maak. Wie sou ooit kon dink Greteli de Swardt was die grootoog, skaam enetjie wat verskimmeld agter haar ma weggekruip het?
Op sterk aanbeveling van haar ouers ontdek sy toe as tiener die wonder van dramaklasse op skool en nadat sy daardie adrenalien deur haar are voel pomp het, was daar geen keer meer aan Greteli nie. Skielik was sy dol oor die towerwêreld waar haar teruggetrokkenheid nie bestaan nie. Waar die aspirant-aktrise kon wees net wie sy wou.